Van Coke Kartel

Elke Oomblik Tel

druk die lug binnetoe
ek het dit nog twee keer gehoor en ek
voel dit groei op my
aanbid die skuld wat jy vertrou
moenie te veel oor my omgee nie
ek is al klaar vol blou kolle

die rekenaars sing kliphard saam
daar is geld in my kop
jammer dat ek jou pla
ek weet dis genoeg
klop my een keer, as jy wil doen dit weer
elke oomblik tel

miskien moes ek harder probeer
byt die hand wat jou voer
hy lyk nes jy
wens ek kon lank genoeg vir jou aandag gee
elke oomblik tel

dis perfek om nêrens heen te gaan nie
hy was te moeg om bang te raak
maar iemand anders voel die vrees
en sluit by die sitkamerkoor aan

die lewe raak net te ingewikkeld, as jy bly
wonder presies wie jy nou is.

September Fools

jy laat my so onveilig voel
hou daai asem op
moet ek iemand waarsku of nie?
opnuut herrys
die mensvreter wat ek al jare voer

hy het erken hy wou my vermoor
maar ek is al lankal dood
hy het erken hy wou my vermoor
miskien is dit beter so

is dit werklik 'n probleem, of nog te vroeg om te bepaal?
jy sal my einde wees
dankie, ek sien jy het die vermoë
die bloed stormloop die kop
in die rigting van my bestemming
ek wou sê......

ek het gedink ek sal 'n antwoord in die sonopkoms kry

die son was so belowend
ek het myself belowe

dis September en die wiel draai en ek
ek het myself belowe

Duiwelspiek

sleep my hier weg voor hierdie hongersnood ons sink
my beskermingsengele het my al lankal hier afgeskryf
ek kan sweer daar is iemand wat fok met my
was dit nodig om jouself te vermom?
wie moet ek bel?
my liewe manne in blou
dis rusversteuring

ek voel die seine
die dorings in my vlees
sonder helde
soos toe ons konings was
Lucifer rook my berg blou
kan jy onthou toe ons konings was?

hoog geraak onder die Moederstad se lug
die swerwer wag vir sy vlug
genoeg gehad van hierdie bitter reuk
die wêreld stry
die stad kom tot inkeer
lig my glas en vra vir nog een
staan die laaste asem af

kan jy onthou toe ons konings was?
in die verwarring het ek nie die antwoorde wat jy soek nie
vra jy nou morele vrae?
dit is my tyd
laat my lewe soos ek moes

Genoeg Is Nie Genoeg Nie

moet my nie hospitaal toe vat nie
vergewe my as ek nie wil gaan nie
moet my nie aan die polisie oorgee nie
nie probeer om 'n doos te wees nie
die pyn werk nie meer nie
al daai laaities staan die hele bar vol
en ek wou niks breek nie

dit was 'n ongeluk
ongelukkig op 'n naweek is my waardes laag
dit was 'n fokkin ongeluk

ek het 'n harde tyd om te probeer onthou
sou graag iemand anders probeer blameer
onthou jy die swakheid in my hande
dit is ironies maar dis nie meer snaaks nie
en ek wou niks breek nie

wys my waar is die deur
het jy gesê die einde is naby?
die lewe is minder werd as jy niemand het nie

fok jou ongeluk
op 'n naweek is my waardes laag
fok jou ongeluk
die apologie het betekenis verloor

Evolusie

hy sal verteer wat jy is
vuiste bal in toespraak
ons moet ons voete op die grond hou

die son kom skielik deur
hang my aan die kruis om droog te raak
het ons alles verloor in ouderdom?
het ons alles verloor?

verveeld, maar daar is dinge om te doen
wees my tog genadig
want ek laat myself nou en dan skrik
weet ek moet hier wegkom
maar my bene kan nie byhou nie

die verlede maak ons bang
ons toleransie is hoog, so het ons maar in plek geval
ons moet ons voete op die grond hou

Buitenkant II

hier wag ons die seisoene om
daardie skuldgevoel jou medisyne
so hou ons aan en verdra net alles
my liggaam het al beter dae gesien

jissus, dis gevaarlik hier
jy kon nog steeds nie vir jouself dink nie
die winterkinders dans met China vanaand
geld in die hand
buitenkant
ek is dalk nie 'n sent werd nie, maar ek voel soos R300

geografies is ons geïsoleer
verbitter deur jou ervaring
begryp in stilte ons ontwikkeling vertraag
deur ons afwesigheid

fokkit, dis gevaarlig hier
in ons fokkin moer
knieë op die badkamer vloer
ek het jou al daar gesien

Algehele Kontrole

stuur die man om met my te praat
hy gryp ons suutjies aan die oor
op 'n skinkbord
op die spel
fok die kunstenaar
die hel
tragies traag
leeftyd om na wind te jaag

net die sterkste sal behoue bly
waar is die tyd daarvoor?
kontrole
net die sterkste sal behoue bly
ons is te oud daarvoor
beheer my

masjien is droog gebloei
vergeet daarvan
ons het mekaar verloor
vergeet van eerlik speel
en hou ons stil
gebore sonder 'n vals glimlag
ons is klaar

sestig uur sonder slaap sorg vir 'n nuwe perspektief
paniek vat my uit soos 'n sluipmoordenaar
dit sit hier binne in my bors
met die stad se vure bly brand

Kettery

gisteraand was 'n befokte aand
nou moet ek weer verskonings maak
liggaam op die lyn
spraaksaam maar verskrik
as daar weer 'n bedelaar by my deur
opdaag gaan ek mal raak

gespanne atmosfeer rem die antwoorde
dit is vir ons vooruit bespreek
sien die oog uit die kop
die gees is swak en hierdie vlees is dom

hoe kan ek nog my mense gelukkig hou?
het die hekse jou vertel?
as 'n boer beteken ek maar min
jy dog jy het alles onder beheer
donker strate lê oop voor jou
geen manier om hier tevrede te stel nie
hou nooit op om te verbaas nie
as jy mooi praat en vriende in hoë plekke het,
het ek net 'n klein bietjie vars lug nodig.

gespanne atmosfeer rem die antwoorde
dit is vir ons vooruit bespreek
bly ek het jou soos 'n vlugteling verraai
kies jou wapens want hierdie vlees is dom

My Vriende Sukkel Ook

miskien werk dit nie
kan hierdie liggaam dit nog hou?
is jy 'n slaaf vir die donderweer my hart?
waarna luister ons nou?

wag jy ook?
voel jy veilig in die skaduwee van jou stad?
ek het lank by die duiwel geslaap en hierdie reuk kom moeilik uit

ek is op my knieë
die res van my bene is daarmee heen.
is dit al te laat?
gaan ons in elk geval die hier en nou oorleef?
ek sal eerder wag en kyk
my vriende sukkel ook

stomme mond
hoor ons paaie gaan weer kruis
geskiedenis het dit so bewys
waarna luister ons?
stomme mond, hoe sal ons enige iemand oortuig?

is jy ook in die strik gevang?
dit maak dit twee van ons
ek droom nog steeds
ek het alles oordoen
ek moes alles oordoen want hierdie reuk kom moeilik uit

Hier Is Ons

wat sal van ons oorbly as hierdie berg op ons sal val?
geen paaie beveel ons êrens heen nie
wie sal ons vertrou?
ons tyd hardloop uit
en dis nou baie kouer buite
die voorgevoel het verdwyn

sal jy ooit kan skoon kom en die waarheid vertel?
daar is niemand om te volg nie
kan nooit soos hulle wees nie
hier is ons huis vol lyke
die oues smeek vir ons genade
dooie water, dooie oë

pasop
die môrestond los 'n vuil reuk in die mond
my grootste probleem is dissipline
want ek voel nog niks nie
Maria, bloei jou bloedrooi trane oor my uit
net die teer en die son
van hierdie middag gaan daar min kom

sal jy ooit kan skoon kom en die waarheid vertel?
daar is niemand om te volg nie
kan nooit soos hulle wees nie
hier is ons lyke
hier is ons

Verdoof. Vergiftig. Verskoon My

verdoof
vergiftig
verskoon my
met 'n soen op die wang het jy jou toekoms mooi beplan
ek verkies nog steeds om hierdie Kaapstad se nag in te kruip

keer op keer
moet ek wegkruip want die waarheid lê so dun
te jonk om te gaan slaap
hoe kan jy jou oë toemaak?
jou ma se poes

kan ons daar ontmoet en die aarde kry
om ons stuk vir stuk in te sluk
en die vloer sal sink soos ons verdrink
haal asem
ek hoor jy sê so

ek moes verloor toe middelmatigheid nog genoeg was
was dit nodig om van my 'n man te maak?
my god verlos my van die vraag.
knyp die valsheid tussen jou twee vingers vas.

Tot Die Einde Kom

dis nodig om dit af te lag
oorvol, die onderwêreld is versadig
my vriende ek het jul lief
sal bly hardloop en soms vatplek soek

tot die einde kom

is dit so bisar?
die tronk se hekke het oopgeval
nie meer simpatie nodig nie
sal nooit oë toemaak en jou vra nie

tot die einde kom
dis hoekom ons is wat ons is
sonder 'n meester, soos 'n dief in die nag

al die tekens is daar
brand maar jou brûe
jou probeer help ou maat, of so iets?
het hierdie krygslied jou ook bevlek?
het jy ooit 'n goeie tyd gehad?
het ons 'n goeie tyd gehad?