Waaksaam & Wakker

Passief Paranoïes

vaal blou lug en die vrees van die onbekende
daar's 'n byt in die lug wat net soos bloed lyk
ek wil nie paranoia kweek nie,
maar iemand doen dit klaar
o, my liggaam breek my siel
riviere vol, maar ons are brand
fok my tot ek val
die hel is hier en die hemel in jou hande
ek wil nie paranoia kweek nie,
maar iemand doen dit klaar
ek maak dit toe en skuif my gedagtes weg
my hart klop dan nou harder,
my hart klop dan nou vinniger
as jy voel, wat dit alles in
besing die hede suggestief
die hel is hier en die hemel in jou hande
dit bly 'n donker land

Raad Vanuit Twee Oorde

staan in jou ry
om in jou ry te bly
ons soek net die beste vir jou
bly net op jou knieë
miskien kan ons vir jou iets leer
tussen verf en alles wat verweer
lê jy vir die duisendste keer
stry net so hard as wat jy kan
ek wens die tyd was reg en almal was daar
ek moes dit vroeër probeer
twyfel sterk, brosbeen kultuur vlugteling,
het ek jou uitgevang?
dis seker net toevallig
ek moes dit vroeër probeer
hang maar jou drome op
rug teen die muur
spoeg en skree
jou moë skoene proe die vloer
terwyl ons doodgaan raak ons ouer
staan net nader aan die lug
eentonig en te laat
ek besef die mure het ore
en iemand hou jou dop

Ondersteuning Geweier

vroeë middag krisis
die strate is oorvol
kruip weg my liewe slagoffer
ek het nog niks geleer nie
en ek is dalk die eerste een wat moet gaan
miskien moet ek daaraan gewoond raak
ek sal daaraan gewoond raak
ek kan net nie ondersteuning aanvaar nie
die toekoms sal ons leer
kyk net na die weer
jy bly vir die donker bang,
maar vat hul op jou eie aan
rol die roes van my dae af
ek het voetstappe in die pad gehoor
wat kan ek sê
ek het nie veel nie
dankie dat jy als vat sonder om te vra
wie kan die vrede bewaar?
sal iemand in elk geval luister?
blaas jou stomme asem uit
jy is in 'n vreeslose soldaat verander
jou naam nou net 'n nommer
wie sal die nommer kan onthou?
wie kan jou onthou?
jou grafsteen in die donker vasklou?

Jy Weet Mos Beter

soos kanker neem dit alles oor
ons is dalk net ietwat te laat
maar betyds om nog toneel te speel
chemiese wanbalans net 'n kneldemper
laat maar my besluite aan iemand anders oor
jy weet mos beter
ek weet die son skyn dan by jou fokken poephol uit
dit is nie 'n noodtoestand nie
voel effens nutteloos
moes myself maar ongeskik verklaar
gevaar was die jong man se middelnaam
miskien pas ek net nou te stadig aan
jy weet mos beter
ek verstaan die son en maan sal sonder jou opkom
wat jy ken sal jou versmoor
red my voor ek oud en bitter word
ek voel nog die vuur
maar vervloekte voete draf nie eers meer nie
kry jou kake van my enkels af
my foute is gemaak en ek sal nou daaruit moet leer
ons almal soek net iets wat mooi is
iets veilig om langs in te kruip

Pynstiller

ek het nog nie genoeg gehad nie
hier in die suide is die ure te kort
en dit hou nooit buite op raas nie
steel die klank van die wiegelied
sing besitlik saam
die dosis was te groot en beweging is nou te moeilik
smeek
soos 'n mat deurgeloop
bonatuurlik liefdeloos
wat is daar om te verloor?
ek wou eintlik net dinge bymekaar hou
dis bittersoet
die bottel leeg en die lewe net half vol
hoe is jy dan nie desperaat nie
alles is meer werd terwyl ek afkom
altyd die ongelukkige een
so sag en deurmekaar
daar is heeltemal te veel hier om te verloor
deur my ledemate verraai
toekoms onder 'n vergrootglas
en alles van my smeek
soos 'n mat deurgeloop
bonatuurlik liefdeloos
wat is daar om te verloor?
my pynstiller

Een Konfrontasie

kon jy die aand soos ek lees?
ek weet natuurlik presies wat daar gebeur het
sy sê ek gooi alles saam met my naam weg
die woorde sny my en ek bloei
een konfrontasie van 'n kopklits af
sit nog een in die hand
veertig dae en veertig nagte laas was ek niks om oor te lag nie
lag so hard as wat jy kan
ek sal die grap wees as jy my nog een vertel
bebloede oë en 'n wit tafelblad
slaap net 'n bedreiging en die son is al op
iemand skree: 'wat de fok?'
en ek voel ek moet
ook van lekker lag kom 'n massiewe fokop
skeur jou moue af
verbeel jouself jy lewe nog
vrot energie ons enigste middelaar
iemand skree: 'hou op'
en ek voel ek moet

Ons Moet Hardloop

ons pad deur die aarde gewurm
kom op en soen gruis en grond
pupille oopgespalk
brand die gebruiker
en almal sal verstaan
ons is almal te koop
die son bewe in sy stewels, te bang
hardloop so vinnig as wat jy kan
ons moet hardloop
word wakker en alles is verby
ons moet hardloop
sonder ons voete
leer loop
wel, dit het tyd gevat
te veel van 'n goeie ding
ons was amper daar
almal kry 'n kans om te huil
almal kry 'n kans om in die grond te vrot
ons bly te bang

Soek En Vind Niks

gee my net 'n kans om uit te pass
dit is al wat ek beplan
ek het die land deursoek
en ek kan niks van myself hier kry nie
dit dam alles hier van binne af op
ontnugter deur ons verskille
tyd staan stil asseblief
verleng die onvermydelike
dit tel nie meer nie
gemengde gevoelens
my nag van angs
ek ken die tekens al te lank
weereens myself weerspreek
vir 'n gat gevat
voel soos 'n goedkoop leuenaar
op soek na iets nuuts
tot hiertoe en nie verder nie
my vingerafdrukke het die hele plek besmet
alles lyk natuurlik beter aan die ander kant
maak jou buiging voor alles wat verbrokkel
die pleister is net te klein om die wond weg te steek
dit maak my naar en ek kan nie meer op my voete bly nie

27 Kluisenaar

gevoel in my tong verloor
terwyl die son oor die plek waarin ons bly gly
en dit ruik na sweet in die stad van al die langafstand-oproep makers
die reuk van dié met heeltemal te veel hoop en geloof
lê jy ook waaksaam en wakker?
genoeg tyd in my hok spandeer
moes dinge deeglik deurkyk voor ek uitgaan
frustrasie
27 kluisenaar
niemand praat nou terug nie
jy sê jy soek iets oorspronklik van my af
ek wens daar was geen twyfel nie
dis soos om jouself fisies oor te gee
om aan te hou bestaan

Wat Het Van Ons Geword?

verskoon my en hierdie siniese stemtoon
daar is iets wat my al vir 'n tyd lank pla
ek kan net nie my vinger daarop sit nie
dit is net 'n vae suspisie
alles is tydelik en alles gaan uiteindelik oor
warm winde wat die winter kan wegwaai
ek glo die beste lê nog vir ons voor
o, my liefie
jy moes jou hart vroeër toemaak
wat het van ons geword?
daar was 'n tyd
toe musiek nog vir ons heilig was
toe die dwelms nog besonders was
en toe jou vriende nog verstaanbaar was
enige iets vir 'n glimlag
al doen ek dit oor en oor
want niks anders maak sin nie
oorlewing was redelik maklik sover
net 'n vonk is nodig om alles wat ons doen en is af te brand
niks anders maak sin nie